Description
BLOEDOFFER is die lewensverhaal van Adele Vrey en haar lang reis vanuit die donker onderwêreld van satanisme, na ’n lewe van hoop, bevryding en emosionele genesing. In hierdie boek sal jy die verwarrende, rou emosies wat met verkragting, verraad, bloedoffers, isolasie en trauma gepaard gaan, ervaar. Adele is op ’n baie vroeë ouderdom aan beide Christenskap en satanisme blootgestel en teen die tyd dat sy in 1994 aan die Afrikaanse Hoërskool in Sasolburg gematrikuleer het, was sy reeds diep by satanisme betrokke. Die keerpunt in haar lewe het in 1995 gekom toe sy probeer het om Marc Bredenkamp se seun te ontvoer, met die doel om hom aan Satan te offer. Tydens hierdie dramatiese gebeurtenis is Adele direk deur Marc gekonfronteer, en daarna het sy haar tweede bonatuurlike ontmoeting met God gehad — ’n gebeurtenis wat haar hele lewe ingrypend verander het. Die verhouding met die seun wat sy aan Satan probeer offer het, is intussen herstel. Haar getuienis dien as inspirasie vir dié wat uit satanisme probeer wegbreek, asook bemoediging vir Christene regoor die wêreld om ’n lewende verhouding met Christus te hê. Sy gebruik haar kennis aangaande die geesteswêreld, strategieë van die vyand en effektiewe geestelike wapens om die liggaam van Christus te mobiliseer. Adele se verhaal gee hoop vir genesing en oorwinning in ’n donker wêreld.
Details
Publisher - iink press
Language - Afrikaans
Perfect Bound
Contributors
By author
Adele Vrey
Free Van Nieuwkerk
Published Date - 2026-09-26
ISBN - 9781920363437
Dimensions - 21 x 14.8 x 1.1 cm
Page Count - 196
Payment & Security
Your payment information is processed securely. We do not store credit card details nor have access to your credit card information.
